This page uses content from Wikipedia and is licensed under CC BY-SA.

Millennium-stadion

Millennium-stadion
Stadiwm y Mileniwm
Millennium Stadium Reflected.jpg
Die Wes-Stand van die Millennium-stadion

Ligging Westgatestraat, Cardiff, Wallis
Koördinate 51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250
Eienaar Walliese Rugbyunie
Operateur Walliese Rugbyunie
Kapasiteit 74 500[1]
Oppervlak Gras (1999–2014)
Desso (2014–hede)[2]
Konstruksie
Gebou 1997
Geopen 26 Junie 1999[3]
Boukoste £121 miljoen
Argitek Bligh Lobb Sportargitektuur, WS Atkins[4]
Huurders
Walliese Rugbyunie (Nasionale span
Voetbalvereniging van Wallis (Nasionale span)

Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte.

Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion

Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is.[5] Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen[6] waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.[7]

Die stadion is in Junie 1999 geopen[3] en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000.[8] Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.[9][10]

Wedstryde

Jaar Wedstryd Span Telling Span 2 Toeskouers
1999 Poel D Wallis Vlag van Wallis 23–18 Vlag van Argentinië Argentinië 72 500
Wallis Vlag van Wallis 64–15 Vlag van Japan Japan 72 500
Wallis Vlag van Wallis 31–38 Vlag van Samoa Samoa 70 849
Argentinië Vlag van Argentinië 33–12 Vlag van Japan Japan 36 000
Kwarteindstryd 2 Wallis Vlag van Wallis 9–24 Vlag van Australië Australië 74 499
Derde plek Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika 22–18 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 50 000
Eindstryd Australië Vlag van Australië 35–12 Vlag van Frankryk Frankryk 72 500
2007 Poel B Wallis Vlag van Wallis 20–30 Vlag van Australië Australië 71 022
Fidji Vlag van Fidji 29–16 Vlag van Kanada Kanada 45 000
Wallis Vlag van Wallis 72–18 Vlag van Japan Japan 35 245
Kwarteindstryd 2 Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland 18–20 Vlag van Frankryk Frankryk 71 669
2015 Poel A Wallis Vlag van Wallis 54–9 Vlag van Uruguay Uruguay 71 887
Australië Vlag van Australië 28–13 Vlag van Fidji Fidji 67 253
Wallis Vlag van Wallis 23–13 Vlag van Fidji Fidji 71 576
Poel C Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland 43–10 Vlag van Georgië Georgië 69 167
Poel D Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag 50–7 Vlag van Kanada Kanada 68 523
Frankryk Vlag van Frankryk 9–24 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 72 163
Kwarteindstryd 2 Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland 62–13 Vlag van Frankryk Frankryk 71 619
Kwarteindstryd 3 Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag 20–43 Vlag van Argentinië Argentinië 72 316

Verwysings

  1. (en) Information : About the Venue : Facts & Figures”. Millennium Stadium: 12 Mei 2009. URL besoek op 17 Julie 2013.
  2. (en) End of an era, as Heineken Cup final between Toulon and Saracens marks last game on grass at the Millennium Stadium”. Welsh Rugby Union. URL besoek op 11 September 2015.
  3. 3,0 3,1 (en) Millennium-stadion Inligting”. Millennium-stadion. URL besoek op 28 Augustus 2008.
  4. (en) Om die wow-faktor reg te kry”. Federasie van Meesterbouers. URL besoek op 28 Augustus 2008.
  5. (en) Oor Millennium-stadion plc”. Walliese Rugbyunie Beperk. URL besoek op 24 Augustus 2008.
  6. (en) Die ekonomiese impak van die Millennium-stadion”. Cardiff-stadsraad. URL besoek op 7 September 2008.
  7. (en) Millennium-projekte open in Wallis en Noord-Ierland”. Millennium-kommissie. URL besoek op 24 Augustus 2008.
  8. (en) Millennium-stadion vier vyfde herdenking”. NewsWales: 25 Junie 2004.
  9. (en) Feite oor Wallis en die Walliesers (40. Cardiff het die wêreld se grootste uitskuifbare dak)”. Britannia.com, LLC. URL besoek op 7 September 2008.
  10. (en) Oor Millennium-stadion”. Millennium-stadion plc. URL besoek op 24 Augustus 2008.

Eksterne skakels