This page uses content from Wikipedia and is licensed under CC BY-SA.

Alan Lewis

Alan Lewis
Volle naam David Alan Lewis
Gebore 1 Junie 1964 (1964-06-01) (54 jaar oud)
Cork, Republiek van Ierland
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm snelbouler
Rol Regterhandse kolwer
Familie Ian Lewis (vader)
Internasionale inligting
Nasionale span Ierland
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
1984–1997 Ierland
Loopbaanstatistiek
Kompetisie 1ste rang A-lys
Wedstryde 8 23
Lopies aangeteken 640 348
Kolfgemiddeld 53,33 15,81
100s/50s 2/3 0/2
Hoogste telling 122 67
Aflewerings geboul 354 457
Paaltjies 5 7
Boulgemiddeld 55,20 56,71
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 1
10 paaltjies in 'n wedstryd 0
Beste boulontleding 5/39 4/47
Vangskote/Stonkings 5/– 4/–
Bron: CricketArchive, 15 April 2010

David Alan Lewis (gebore 1 Junie 1964 in Cork, Ierland)[1] is 'n voormalige Ierse krieketspeler en huidige rugbyskeidsregter. Sy vader Ian het ook vir Ierland krieket gespeel.[1]

Krieketloopbaan

Lewis het as regterhandse kolwer en regterhandse snelbouler[1] tussen 1984 en 1997 121 keer vir die Ierse krieketspan gespeel,[2] insluitend agt eersteklas wedstryde teen Skotland[3] en 23 A-Lys wedstryde.[4] Hy het 35 keer as kaptein van die Ierse span opgetree.[5] Lewis is een van slegs ses spelers wat meer as 100 keer vir Ierland gespeel is en slegs Peter Gillespie en Kyle McCallan het meer kere vir Ierland gespeel.[6] Lewis het sy debuut vir Ierland in Junie 1984 gemaak in 'n wedstryd teen Wes-Indië. Sy loopbaan het op 'n lae noot begin toe hy vir geen lopies uitgehaal is.[2]

Sy laaste wedstryd was teen die Graaf van Arundel se elftal op 20 Augustus 1997.[2]

In alle wedstryde vir Ierland het Lewis altesaam 3579 lopies aangeteken teen 'n kolfgemiddeld van 28,63 met sy beste vertoning 136 teen Wallis in Julie 1990, een van vier honderdtalle wat hy vir Ierland aangeteken het. Hy het 51 paaltjies teen 'n gemiddeld van 43,88 geneem. Sy beste boulvertoning was 4/21 teen Skotland in Julie 1993.[2]

Rugbyloopbaan

Nadat Lewis se rugbyspeelloopbaan deur 'n besering kortgeknip is het hy begin om as skeidsregter op te tree. [5] Hy het later op die hoogste vlak as skeidsregter begin optree met sy eerste internasionale optrede op 13 Junie 1998 tussen Argentinië en Frankryk gevolg deur 'n toets tussen Australië en Fidji op 18 September 1998 wat Australië 66-20 in Sydney gewen het.

In die Rugbywêreldbeker 1999 het hy as lynregter opgetree vir die Fidji-Namibië wedstryd in Beziers. In 2003 is hy weer as lynregter gekies maar het ook 'n kans gekry om as skeidsregter op te tree nadat Scott Young beseer is.[7] Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is hy as een van die twaalf skeidsregter gekies.[8]

Verwysings